Potch Eiendomme is 'n gevestigde eiendomsagentskap gelee te Mareestraat 3. Potch Eiendomme lewer kompleksbestuur-, verhuringsbestuur- en verkoopsdienste aan die plaaslike mark. Potch Eiendomme benodig 'n tydelike Onderhoudskoordineerder vir spesifiek die verhuringsbestuurafdeling.
Posbeskrywing:
Die Onderhoudskoordineerder sal primer verantwoordelik wees vir die gepaardgaande administrasie om onderhoud aan verhuringseenhede te inisieer, goed te keur en te magtig:
Ontvangs van onderhoudsinsidente.
Prosessering van onderhoudsinsidente volgens goedgekeurde prosedures.
Rekordhouding van onderhoudsinsidente op toepaslike elektroniese platforms.
Verkryging van toestemming by nodige partye om onderhoud te aksie.
Skakeling met kontrakteurs en lewering van instruksie.
Prosessering van kwotasie en fakture vir betaling.
Verkryging van magtiging vir betalings.
Vergelyking van inspeksieverslae en identifisering van onderhoud en aanspreeklikheid.
Ad-hoc inspeksies (lae voorkoms).
Skakeling met verhuringsagente rakende onderhoudsverwante sake en kwessies.
Vereistes:
Graad 12 Sertifikaat.
Rekenaarvaardig in Microsoft Office.
Ervaring by verhuringsagentskap voordelig maar nie noodsaaklik.
Eie voertuig (minimum gebruik).
Eienskappe:
Ervare om werksdruk te bestuur en orde te handhaaf.
Gefokus om prioreitsake eerste te stel.
Selfstandig, pligsgetrou en hardwerkend.
Noukeurig en akkuraat in daaglikse take.
Professioneel.
Klientediens en taak gedrewe.
Vergoeding:
Basiese salaris.
Brandstoftoelaag bereken per kilometer afgele (minimum gebruik).
Aanvangsdatum en periode:
1 Desember 2025 of 1 Januarie 2026 tot 31 Mei 2026. Alternatiewe poste kan moontlik beskikbaar word of geskep word.
Belangstellende kandidate kan die volgende inligting versend aan poste @ potcheiendomme.co.za;
Curriculum Vitae
Matrieksertifikaat
Motiveringsbrief
Identiteitsdokument
Job Type: Full-time
Pay: R8000,00 - R10000,00 per month
Language:
Engels (Required)
Afrikaans (Preferred)
Work Location: In person
Beware of fraud agents! do not pay money to get a job
MNCJobs.co.za will not be responsible for any payment made to a third-party. All Terms of Use are applicable.