Tydelike Verhuringsassistentpos Beskikbaar 1 Oktober 2025 tot 31 Maart 2026
Potch Eiendomme is 'n gevestigde eiendomsagentskap gelee te Mareestraat 3. Potch Eiendomme lewer kompleksbestuur-, verhuringsbestuur- en verkoopsdienste aan die plaaslike mark. Potch Eiendomme beskik oor 'n vakante betrekking vir 'n Verhuringsassistent. Die ideale kandidaat is 'n jong persoon wat ywerig is om te leer en te groei in die eiendomsbedryf.
Posbeskrywing:
Die verhuringsassistent sal primer verantwoordelik wees vir besigtigingsafsprake en inspeksies, en sluit die volgende pligte in:
Navrae en besigtigingsafsprake, beskikbaarheid na-ure binne redelike tye sowel as elke tweede Saterdag vanaf 09:00 tot 12:00, asook op maand-einde, word vereis.
Neem van bemarkingsfoto's en video's.
Inspeksies van verhuringseenhede.
Basiese administratiewe take om hulp aan span te verleen.
Vereistes:
Graad 12 Sertifikaat.
Rekenaarvaardig in Microsoft Office.
Eie voertuig ononderhandelbaar (maatskappy voertuig kan gebruik word na gelang van beskikbaarheid).
Geldige bestuurderslisensie.
Eienskappe:
Selfstandig en pligsgetrou.
Dinamies en hardwerkend.
Spanspeler.
Noukeurig en akkuraat in daaglikse take.
Professioneel.
Klientediens gedrewe.
Vergoeding:
Basiese salaris.
Kommissie per plasing en per inspeksie.
Maatskappy voertuig word beskikbaar gestel.
Brandstoftoelaag bereken per kilometer afgele (R3.50 per kilometer) wanneer persoonlike voertuig gebruik moet word weens onbeskikbaarheid van maatskappy voertuig.
Selfoon en selfoononkostes word voorsien.
Kantoorrekenaar word voorsien.
Belangstellende kandidate moet die volgende inligting versend aan poste @ potcheiendomme.co.za;