DIE POSBESKRYWING SLUIT IN, MAAR IS NIE BEPERK TOT:
Melkproduksie
Die skoonmaak en higiene van die Melkery en verwante areas
Algemene instandhouding van die Melkery
Versorging (kos, skoonmaak en dosering) van diere
Aanjaag van beeste na en van stal
Die hantering van beeste, kalwers, jongverse en droe koeie
Doen inenting en siektebehandeling van diere
Enige ander regverdige werkopdrag soos nodig
DIE SUKSESVOLLE KANDIDAAT MOET AAN DIE VOLGENDE VEREISTES VOLDOEN:
Kwalifikasies: Die suksesvolle kandidaat moet kan lees en skryf
Vorige ondervinding in 'n melkery
Vorige ondervinding in die hantering en verkoeling van melk
Vorige ondervinding in die meganiese was proses en die skoonmaak van toerusting
Vorige ondervinding in die hantering van beeste, kalwers grootmaak en voeding
Basiese kennis van mastitis beheer en die identifisering van siek diere
Goeie menseverhoudinge en die vermoe om in 'n span onder druk te kan werk
Betroubaar, pligsgetrou en bereid om ongerieflike ure en naweke te werk
Aansoeke moet skriftelik ingedien word en volledige persoonlike inligting, ondervinding, gewaarmerkte afskrifte van CV, ID dokument en kwalifikasie/s bevat. Aansoeke moet by die Melkerybestuurder, Amalienstein,afgelewer word in 'n verseelde koevert van Maandag tot Vrydag tussen 8:00 vm en 16:00 nm of na die volgende e-pos adres gestuur word,
cv@casidra.co.za
Job Types: Part-time, Temporary
Work Location: In person
Application Deadline: 2025/07/24
Beware of fraud agents! do not pay money to get a job
MNCJobs.co.za will not be responsible for any payment made to a third-party. All Terms of Use are applicable.