Streekshoof: Noordstreek

Pretoria, GP, ZA, South Africa

Job Description

AfriForum is op soek na 'n streekshoof vir die noordstreek wat verantwoordelik sal wees vir die oorhoofse koordinering van die distrikskoordineerders en takstrukture in die Gauteng-, Limpopo- en Mpumalanga-provinsie. Hierdie pos is gesetel in Pretoria.



AfriForum se gemeenskapstruktureafdeling se primere verantwoordelikheid is die vestiging en mobilisering van gemeenskapstrukture op grondvlak, ten einde gemeenskapselfstandigheid asook gekommersialiseerde dienste te bevorder.



Daaglikse aktiwiteite behels die implementering van AfriForum se gemeenskapsplan wat die bestuur en koordinering van verskeie distrikskoordineerders se projekte en veldtogte insluit. Laasgenoemde het ten doel om plaaslike owerhede tot verantwoording te roep, regstappe teen plaaslike owerhede te loods, korrupsie te ondersoek, om korrupte munisipale amptenare te vervolg, swak dienslewering die hoof te bied, lede te werf en te organiseer, navrae en probleme te hanteer, administratiewe bestuur te behartig, leiding aan distrikskoordineerders te gee, geskikte provinsiale veldtogte te voer, en aktiwiteite te organiseer, wanneer nodig.



Die daarstelling van gemeenskapselfstandigheid deur selfbestuur en die uitvoering van selfdoenprojekte op gemeenskapsvlak is 'n kernprioriteit van die pos.



Om daarvoor te kwalifiseer, benodig jy 'n toepaslike tersiere kwalifikasie ('n kwalifikasie in projekbestuur sal gunstig wees), 'n geldige rybewys en 'n betroubare voertuig. Vyf jaar se bestuursondervinding word ook vereis vir die pos.



'n Opregte belangstelling en ten minste drie jaar ondervinding in die bestuur van vrywilligers en gemeenskapsprojekte sal in jou guns tel.



Vaardighede wat tot jou voordeel sal strek, is uitstekende kommunikasievaardighede en konflikhantering, 'n passie vir dienslewering, goeie administratiewe en organiseringsvermoe, skeppende probleemoplossingsvaardighede, asook prioritiserings-, tik- en rekenaarvaardighede.



Indien jy nie binne drie weke na die sluitingsdatum terugvoer ontvang nie, kan jy aanvaar dat jou aansoek onsuksesvol was.

Beware of fraud agents! do not pay money to get a job

MNCJobs.co.za will not be responsible for any payment made to a third-party. All Terms of Use are applicable.


Job Detail

  • Job Id
    JD1554780
  • Industry
    Not mentioned
  • Total Positions
    1
  • Job Type:
    Full Time
  • Salary:
    Not mentioned
  • Employment Status
    Permanent
  • Job Location
    Pretoria, GP, ZA, South Africa
  • Education
    Not mentioned