Reaksiebeampte (insidentkoördineerder)

Pretoria, GP, ZA, South Africa

Job Description

Forum Sekuriteit Dienste ('n inisiatief van AfriForum) is tans op soek na 'n Insidentkoordineerder - Reaksiebeampte in Kloofsig, Centurion gebaseer sal wees.


Die doel van die pos is om noodreaksies vanuit die Beheerkamer vinnig en effektief te koordineer. Die kandidaat sal verantwoordelik wees vir die vestiging van 'n Taktiese Gesamentlike Operasionele Sentrum (GOS), taktiese koordinering van eksterne reaksie-eenhede (buurtwagte, paramedici, SAPD en ander noodreaksie rolspelers) en om professionele kommunikasie tussen alle rolspelers te verseker. Verder is die doel van die pos om intydse taktiese terugvoer te gee aan die beheerkameroperateurs om sodoende die operasionele doeltreffendheid van die noodreaksies te verseker.


Minimum kwalifikasies sluit in 'n PSiRA graad C met 'n reaksie offisier kursus, minstens twee tot drie jaar ervaring in beheerkameroperasies of insidentbeheer asook Besigheid wapenbevoegdheid. Ondervinding in taktiese noodreaksie dienste sal voordelig wees. Die kandidaat moet ook kennis he van toepaslike wetgewing soos PSIRA en SAPD-riglyne, sowel as uitstekende kommunikasie-, analitiese en tegnologiese vaardighede toon. Geldige bestuurslisensie (kode B) is ook 'n vereiste.


Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir:


Koordinering van rolspelers se noodreaksies op taktiese vlak.

Leiding aan buurtwagte en protospanne tydens hoerisiko-insidente.

Effektiewe samewerking met vrywilliger strukture, SAPD, privaat sekuriteitsfirmas, diensverskaffers, vennote en ander eksterne rolspelers.

Ondersteuning aan spesialis- en bystandsdienste.

Akkurate rekordhouding en verslagdoening vir regs- en bestuursdoeleindes.

Ons benodig 'n kandidaat met sterk leierskapsvaardighede, uitstekende kommunikasievermoe, en 'n vermoe om doeltreffend onder druk te werk. Integriteit en betroubaarheid is noodsaaklik vir hierdie rol.

Beware of fraud agents! do not pay money to get a job

MNCJobs.co.za will not be responsible for any payment made to a third-party. All Terms of Use are applicable.


Job Detail

  • Job Id
    JD1434731
  • Industry
    Not mentioned
  • Total Positions
    1
  • Job Type:
    Full Time
  • Salary:
    Not mentioned
  • Employment Status
    Permanent
  • Job Location
    Pretoria, GP, ZA, South Africa
  • Education
    Not mentioned