Plaaswerker

Carolina, MP, ZA, South Africa

Job Description

OPROEP AAN ERVARE PLAASWERKERS: VESTIG JOU TOEKOMS OP 'N PLAAS IN CAROLINA



Ligpos Arbeidsagentskap

nooi aansoeke vir 'n permanente en stabiele posisie as 'n

Plaaswerker

vir 'n plaas in die

Carolina-omgewing

. Die boer is op soek na 'n gemotiveerde, volwasse persoon wat 'n langtermyn verbintenis wil aangaan.

Wie ons soek:

Iemand verkieselik tussen

25 en 35 jaar oud

met

kode 14-lisensie

(voorkeur).

Geen rook of alkoholmisbruik nie.

Ons soek 'n persoon met sober gewoontes wat betroubaar is, ook na-ure as daar krisis is op die plaas. 'n Persoon met 'n gevestigde

gesinslewe

. 'n Getroude individu met kinders sal voorkeur geniet, aangesien stabiliteit en verantwoordelikheid hoog op prys gestel word. Iemand wat dan op die plaas wil wees en nie agter meisies aanloop of in die kroeg saam met pelle gaan boer nie.

Jou rol sal insluit:

Landboukundige take:

Bestuur van trekkers, vragmotors en planters tydens planttyd. Ondervinding met mielie- en sojaboonverbouing is 'n voordeel.

Veekundige take:

Goeie kennis van beesboerdery, insluitend die weeg, tel, spuit, herkenning van siektes en algemene hantering van beeste. Jy moet proaktief wees en foute soos af drade self kan raaksien en regmaak.

Leierskap en onafhanklikheid:

Jy moet opdragte kan uitvoer, maar ook leiding kan neem wanneer die boer vir 2-3 weke in die jaar afwesig is. Die vermoe om self in te klim en te werk sonder om rond te staan is noodsaaklik. Dit is 'n plaaswerk pos - nie plaas opsigter nie.

Tegniese vaardighede:

'n Sterk meganiese en tegniese agtergrond is noodsaaklik.

Vergoeding en Voordele:



Basiese salaris: Ongeveer

R15 900

per maand.

Behuising word voorsien as deel van die pakket

op die plaas, slegs 4 km vanaf Carolina.

As jy glo jy het die nodige ondervinding en karakter om hierdie rol met toewyding te vervul, doen gerus aansoek vir die pos.




LW: Geen aansoeke word per e-pos of WhatsApp ontvang nie.

Beware of fraud agents! do not pay money to get a job

MNCJobs.co.za will not be responsible for any payment made to a third-party. All Terms of Use are applicable.


Related Jobs

Job Detail

  • Job Id
    JD1520214
  • Industry
    Not mentioned
  • Total Positions
    1
  • Job Type:
    Full Time
  • Salary:
    Not mentioned
  • Employment Status
    Permanent
  • Job Location
    Carolina, MP, ZA, South Africa
  • Education
    Not mentioned