LIGPOS LANDBOU JEUGPROJEK - BOU JOU TOEKOMS IN DIE LANDBOU!
Is jy 'n gedrewe jong persoon,
jonger as 30
, met 'n passie vir die landbou? Die Ligpos Landbou Jeugprojek is jou geleentheid om 'n stabiele en voorspoedige loopbaan in die landbousektor te begin. Ons stap die pad saam met jou en bied 'n gestruktureerde program om jou vaardighede te bou en jou toekoms te vestig.
Oor die Projek
Ons plaas jou as 'n jong landbouwerker by 'n plaasboer waar jy vir 'n minimum van een jaar praktiese ondervinding opdoen. Ligpos is voortdurend in beheer en verseker jou vordering en stap die pad saam met jou.
JOU ONTWIKKELINGSFASE
Jaar 1:
Jy begin jou loopbaan op 'n plaas om jouself as 'n hardwerkende en betroubare werker te bewys.
Gedurende Jaar 2:
Om jou kennis en vaardighede verder uit te brei, sal jy na 'n nuwe boer uitgeplaas word. Dit sluit ook 'n loonverhoging in, aangesien jy reeds bewys het dat jy 'n waardevolle werker is.
Langtermyn:
Die doel is om jou vaardighede en kennis van landbou maksimaal uit te brei deur elke tweede jaar 'n volgende tipe vaardigheid in die landbou op te bou. Indien jy en die boer egter verloes dat jy op 'n spesifieke plaas aanbly, kan die reeling getref word, maar dan met die versekering dat daar ten minste gereelde verhogings sal plaasvind om by jou vaardighede te pas.
Vergoeding en Voordele
Loonskaal:
Jy begin met die
minimum loon, wat ongeveer R5 500 per maand
is.
Behuising:
Dit word gereel dat behuising deel van die pakket moet vorm.
Die Keuringsproses
Registreer aanly op ons webwerf, waar jou CV en nodige dokumente ook ingedien kan word.
Vir volgende stap van ons keuring voer ons 'n onderhoud as jou CV goed genoeg is.
Die video-onderhoud en jou CV word aan die plaasboer gestuur vir finale keuring.
Indien die boer jou aanvaar, begin jou opwindende loopbaan in die landbou!
Besluit op 'n toekoms met Ligpos. Besoek ons webwerf by www.ligpos.net om vandag nog aansoek te doen!
Beware of fraud agents! do not pay money to get a job
MNCJobs.co.za will not be responsible for any payment made to a third-party. All Terms of Use are applicable.