Potch Eiendomme beskik tans oor 'n pos vir 'n Junior Portefeulje Bestuurder vir die Regspersone en Huiseienaarsverenigings onder die agentskap se bestuur. Ideale kandidaat verkieslik 'n jong gegradueerde met 'n B.A., B.Com of LLB graad of enige ander tersiere kwalifikasie maar nie 'n vereiste. Potch Eiendomme is gelee te Mareestraat 3 en bied 'n professionele werksomgewing.
Posbeskrywing:
Die pos behels die volgende pligte:
Hantering van telefoniese en elektroniese navrae.
Administrasie van basiese herstelwerk bv. gebarste geisers, foutiewe hekke ens.
Prosessering van kompleksuitgawes vir betaling deur boekhouer.
Uitvoer van administratiewe opdragte voortspruitend uit bestuurs- of algemene jaarvergaderings
Indien en hantering van versekeringseise.
Oorsigtelike kompleks inspeksies.
Algemene administrasie.
Hantering van korrespondensie aan eienaars.
Vereistes:
Graad 12 Sertifikaat.
Tersiere kwalifikasie voordelig.
Rekenaarvaardig in Microsoft Office.
Professionele geskrewe taalvaardighede.
Kennis van die Wet op Deeltitels voordelig. Aangestelde kandidaat sal ingeskryf word vir 'n oorsigtelike kursus van die Wet op Deeltitels.
Eie voertuig (brandstofverbruik word vergoed teen R3.50 per kilometer - geringe gebruik)
Eienskappe:
Selfstandig en pligsgetrou.
Vriendelike geaardheid tog ferm.
Noukeurig en akkuraat in daaglikse take.
Professioneel.
Spanspeler.
Geaardheid wat gedryf is tot klientediens en kliente-tevredenheid.
Taakgedrewe.
Mededingende salaris sal onderhandel word na gelang van ondervinding en ervaring.
Motiveringsbrief moet saam met CV ingedien word. CV en motiveringsbrief kan per e-pos gestuur word na poste @ potcheiendomme.co.za
Job Types: Full-time, Permanent
Pay: R8000,00 - R10000,00 per month
Application Question(s):
Do you have your own vehicle?
Language:
Afrikaans (Required)
Location:
Potchefstroom, North West 2532 (Required)
Work Location: In person
Expected Start Date: 2025/07/21
Beware of fraud agents! do not pay money to get a job
MNCJobs.co.za will not be responsible for any payment made to a third-party. All Terms of Use are applicable.