Intreevlak Verhuringsagent

Potchefstroom, NW, ZA, South Africa

Job Description

Intreevlak Verhuringsagent Pos Beskikbaar



Potch Eiendomme is 'n gevestigde eiendomsagentskap gelee te Mareestraat 3. Potch Eiendomme lewer kompleksbestuur-, verhuringsbestuur- en verkoopsdienste aan die plaaslike mark. Potch Eiendomme beskik oor 'n vakante betrekking vir 'n Verhuringsagent.

Wat ons bied:



Ons sal jou loopbaanpad borg vanaf intern-agent tot volstatus-agent; van registrasie by die PPRA, tot die voltooiing van jou logboek, die verkryging van NQF4 en meer!

Posbeskrywing:



Die verhuringsagent sal primer verantwoordelik wees vir die plasing van nuwe huurders, en sluit die volgende pligte in:

Navrae en besigtigingsafsprake, beskikbaarheid na-ure binne redelike tye sowel as Saterdae vanaf 09:00 tot 12:00 word vereis. Neem van bemarkingsfoto's en video's. Opdatering en advertering van beskikbare eenhede op aanlyn webplatforms (Property24) en sosiale media. Invordering en prosessering van aansoeke. Intree- en uitree inspeksies. Inlees van kontrakte in WeconnectU stelsel. Die verhuringsagent is nie verantwoordelik vir die reeling en administrasie van instandhouding, onderhoudsverwante insidente, die hernuwing van huurkontrakte, finansiele- of huurstaatnavrae, of die opvolg van agterstallige huur nie. Hierdie aspekte word deur die kantoorpersoneel hanteer.

Vereistes:



Graad 12 Sertifikaat. Rekenaarvaardig in Microsoft Office. Jong gegradueerdes sal voorkeur geniet. Eie voertuig en geldige bestuurderslisensie.

Eienskappe:



Selfstandig en pligsgetrou. Dinamies en hardwerkend. Noukeurig en akkuraat in daaglikse take. Professioneel. Eerlik en het integriteit. Klientediens gedrewe.

Vergoeding:



Basiese salaris. Kommissie per suksesvolle plasing. Brandstoftoelaag bereken per kilometer afgele (R3.50 per kilometer). Maatskappy voertuig mag gebruik word na gelang van beskikbaarheid. Selfoonpakket ingesluit. Kantoorrekenaar word voorsien.
Belangstellende kandidate kan die volgende inligting versend aan poste @ potcheiendomme.co.za;

Curriculum Vitae Matrieksertifikaat Motiveringsbrief Identiteitsdokument
Job Types: Full-time, Permanent

Pay: R8000,00 - R13000,00 per month

Ability to commute/relocate:

Potchefstroom, North West: Reliably commute or planning to relocate before starting work (Required)
License/Certification:

Driver's licence (Required)
Work Location: In person

Beware of fraud agents! do not pay money to get a job

MNCJobs.co.za will not be responsible for any payment made to a third-party. All Terms of Use are applicable.


Related Jobs

Job Detail

  • Job Id
    JD1550758
  • Industry
    Not mentioned
  • Total Positions
    1
  • Job Type:
    Full Time
  • Salary:
    Not mentioned
  • Employment Status
    Permanent
  • Job Location
    Potchefstroom, NW, ZA, South Africa
  • Education
    Not mentioned