Potch Eiendomme is 'n gevestigde eiendomsagentskap gelee te Mareestraat 3. Potch Eiendomme lewer kompleksbestuur-, verhuringsbestuur- en verkoopsdienste aan die plaaslike mark. Potch Eiendomme beskik oor 'n vakante betrekking vir 'n Verhuringsagent.
Posbeskrywing:
Die verhuringsagent sal primer verantwoordelik wees vir die plasing van nuwe huurders, en sluit die volgende pligte in:
Navrae en besigtigingsafsprake, beskikbaarheid na-ure binne redelike tye sowel as Saterdae vanaf 09:00 tot 12:00 word vereis.
Neem van bemarkingsfoto's en video's.
Opdatering en advertering van beskikbare eenhede op aanlyn webplatforms (Property24) en sosiale media.
Invordering en prosessering van aansoeke.
Intree- en uitree inspeksies.
Inlees van kontrakte in WeconnectU stelsel.
Die verhuringsagent is nie verantwoordelik vir die reeling en administrasie van instandhouding, onderhoudsverwante insidente, die hernuwing van huurkontrakte, finansiele- of huurstaatnavrae, of die opvolg van agterstallige huur nie. Hierdie aspekte word deur die kantoorpersoneel hanteer.
Vereistes:
Graad 12 Sertifikaat.
Rekenaarvaardig in Microsoft Office.
Ervaring as verhuringsagent voordelig en sal voorkeur geniet.
Eie voertuig en geldige bestuurderslisensie.
Eienskappe:
Selfstandig en pligsgetrou.
Dinamies en hardwerkend.
Noukeurig en akkuraat in daaglikse take.
Professioneel.
Eerlik en het integriteit.
Klientediens gedrewe.
Vergoeding:
Basiese salaris.
Kommissie per suksesvolle plasing.
Brandstoftoelaag bereken per kilometer afgele (R3.50 per kilometer).
Maatskappy voertuig mag gebruik word na gelang van beskikbaarheid.
Selfoonpakket ingesluit.
Kantoorrekenaar word voorsien.
Gemiddelde maandelikse vergoeding oor 'n jaar periode kan soveel as R18 500 per maand bereken.
Belangstellende kandidate kan die volgende inligting versend aan poste @ potcheiendomme.co.za;
Curriculum Vitae
Matrieksertifikaat
Motiveringsbrief
Identiteitsdokument
Job Types: Full-time, Permanent
Pay: R8000,00 - R18500,00 per month
Ability to commute/relocate:
Potchefstroom, North West: Reliably commute or planning to relocate before starting work (Required)
License/Certification: