El Shaddai Christenskool (ESCS) is opsoek na 'n gekwalifiseerde en passievolle Hoerskool Afrikaans Onderwyser om by ons toegewyde span aan te sluit in 'n voltydse hoedanigheid (daagliks van 07:30 tot 15:30). Ons personeel werk in klein departemente en ons streef daarna om Bybelse beginsels te implementeer wat 'n werksomgewing van spanwerk, mentorskap, ondersteuning en geestelike groei kweek. Die Hoerskool Afrikaans Onderwyser sal verantwoordelik wees vir die onderrig van Afrikaans aan hoerskoolleerders en hulle voorberei vir die Cambridge IGCSE- en AS-vlak kursusse. Die ideale kandidaat sal entoesiasties wees oor die skool se missie en visie en die Afrikaanse taal.
Diensaanvaarding: 1 Januarie 2026
Sluitingsdatum vir aansoeke: 10 Oktober 2025
Let wel: Onderhoude mag begin sodra geskikte aansoeke ontvang is.
Minimum Requirements
'n Relevante akademiese kwalifikasie met Afrikaans as hoofvak.
Registrasie by SACE.
Genoegsame ondervinding in die onderrig van hierdie vak word vereis.
'n Hart vir Christelike onderwys en 'n verbintenis tot onderrig vanuit 'n Bybelse wereldbeskouing.
Kennis van die CIE-kurrikulum is nie 'n vereiste nie, maar sal in die aansoeker se guns tel.
Neem asseblief kennis van die algemene vereistes vir alle poste by ESCS. Hierdie vereistes kan op ons skool se webtuiste gevind word: http://www.escs.org.za/high-school-staff-vacancies.html
Professionele ontwikkeling:
Opleiding en ondersteuning sal aan die onderwyser gebied word as hy/sy van die WKOD / Nasionale Kurrikulum oorskuif na die Cambridge kurrikulum.
Weeklikse personeelontwikkelingsessies word na skool op Dinsdae en Woensdae aangebied (tot 16:00).
Daar word ook van die personeel verwag om addisionele opleiding van tyd tot tyd te ontvang.
'n Unieke klasopset:
Ons klasse is klein en dit bied onderwysers die geleentheid om goeie verhoudings met die leerders te bou. Daar is 20 leerders in elke klas.
Ons personeel werk in klein departemente en ons streef daarna om Bybelse beginsels te implementeer wat 'n werksomgewing van spanwerk, mentorskap, ondersteuning en geestelike groei kweek.
Om aansoek te doen:
Alle aansoeke moet per e-pos na die skoolhoof gestuur word by headmaster@escs.org.za of by die ontvangs afgelewer word. Sorg dat dit duidelik aan die skoolhoof gerig is.
Duties and Responsibilities
Hoofverantwoordelikhede:
Onderrig:
+ - Berei die leerders voor om die eksterne IGCSE eksamen aan die einde van Graad 10 suksesvol af te le. In die middel van Graad 9 en in Graad 10 word die Cambridge International Exams (CIE) kurrikulum gevolg.
- Onderig AS-vlak Afrikaans vir Graad 11 en 12. In Graad 11 en 12 word AS-vlak Afrikaans aangebied en hierdie leerders skryf 'n eksterne eksamen aan die einde van Graad 12.
- Die onderrigtaal in die Afrikaanse klasse is Afrikaans, maar soms bepaal die behoefte dat daar ook Engels gepraat moet word.
- Die bevoegdhede van die leerders in hierdie klasse wissel van baie swak na goed.
- Integreer Bybelse beginsels en onderrig 'n Bybelse wereldbeskouing.
Registeronderwyser:
+ - Verantwoordelikheid neem vir 'n registerklas.
- Pligte sluit in die neem van register, fasilitering van dissipelskapperiodes met die registerklas, onderrig van Bybelperiodes, asook ander verwante take.
Buitemuurse aktiwiteite:
+ Wees gewillig om 'n buitemuurse aktiwiteit (kultuur of sport) aan te bied/te lei of om ekstra klasse aan te bied.
Verwys asseblief ook na die algemene vereistes vir alle onderrigposte by ESCS:
https://escs.org.za/info/#Vacancies
Beware of fraud agents! do not pay money to get a job
MNCJobs.co.za will not be responsible for any payment made to a third-party. All Terms of Use are applicable.