Ons is tans op soek na 'n distrikskoordineerder vir die Pretoria-gebied.
Dit is belangrik dat jy slegs aansoek doen indien jy reeds in Pretoria woon.
Om hiervoor in aanmerking te kom, benodig jy 'n eenjaar- tot driejaardiploma in regte, omgewingsake, plaaslikeregeringsake, veiligheid en/of projekbestuur asook twee tot drie jaar ondervinding in regte, omgewingsake, plaaslikeregeringsake, veiligheid en/of projekbestuur
'n Distrikskoordineerder se werksaamhede kan vergelyk word met die van besigheidontwikkelingsbeamptes, en verkoop- en projekbestuurders. Indien jy ervaring het in besigheidsontwikkeling, in die bestuur van verkoopsagente of klein projekte sal jou vaardighede geskik wees vir die pos. Persone met ervaring in regte, omgewingsake en munisipale bestuursprosedures sal ook goed pas by die pos.
'n Distrikskoordineerder se primere verantwoordelikheid is om AfriForum-takke te ondersteun in dorpsgebiede wat gemeenskappe se regte wil beskerm. AfriForum se takke fokus op die oplos van probleme met betrekking tot plaaslikeregeringsake, omgewingsake, gemeenskapsveiligheid en jeug.
Daar sal van die suksesvolle kandidaat verwag word om onder meer:
AfriForum se missie, visie en waardes te verstaan;
AfriForum-takke en -buurtwagte uit te bou en te ondersteun;
lede en skenkers vir AfriForum-takke te werf;
gemeenskapsprojekte te koordineer;
gemeenskapsprojekte te bemark en met die media te skakel;
korrupsie in plaaslike regerings te ondersoek; en
aandag aan swak munisipale dienslewering te gee.
Om die bostaande suksesvol te kan doen, sal jy in staat moet wees om goeie verhoudings en vennootskappe tussen die burgerlike samelewing en plaaslike regering te kan bou.
Jou rol sal verder ondersteun word deur spesialiste in elke veld wat jou sal help om hierdie kwessies aan te pak.
Hierdie pos sal vereis dat jy gereeld reis om te verseker dat alle gebiede die nodige aandag kry. Hiervoor benodig jy 'n geldige bestuurderslisensie en 'n betroubare voertuig.
As jy 'n passie daarvoor het om 'n verskil in gemeenskappe te maak, moedig ons jou aan om aansoek te doen.
MNCJobs.co.za will not be responsible for any payment made to a third-party. All Terms of Use are applicable.