Skrynwerker

Belfast, MP, ZA, South Africa

Job Description

POSBESKRYWING: SKRYNWERKER



Area:

Belfast, Oos-Transvaal

Oor die Pos:



Ons is op soek na 'n ervare Skrynwerker wat verantwoordelik sal wees vir die vervaardiging van hoe gehalte meubels en ingeboude kaste. Die pos vereis ook installasie op perseel waar nodig en algemene instandhouding van masjiene.

Hoof Take en Verantwoordelikhede:



Lei projekspanne en werk onder druk. Handhaaf goeie menseverhoudings. Oplossingsgerigte denkvaardighede toepas. Bestuur die instandhouding van masjiene (bv. lemme ruil).

Kritiese Vereistes:



Ondervinding en kennis van houtwerk spesifiek meubelvervaardiging. Werk van soliede hout - bv ingeboude kaste & kombuise Melamien ondervinding Vermoe om masjiene in stand te hou en op verskeie houtwerk masjiene kan werk. Geldige bestuurslisensie. Bereidwilligheid om op installasie persele te bly waar nodig. Moet kan planne lees. Moet onafhanklik kan werk.

Voordelige Vereistes:



Ondervinding in ontwerp en rekenaar tekenprogramme. Kennis van CNC masjiene. Ervaring met staalwerk en elektriese stelsels is 'n pluspunt.

Basiese Eienskappe:



Fisies gesond en gereed om aktiewe werk te doen (dis nie 'n toesighouer pos nie). Netjies en professioneel in voorkoms. Sober gewoontes en standvastigheid. (Geen rook tydens werksure toegelaat)

Verskillende Werksplekke:



Die pos vereis werk op verskeie persele.

Vergoedingstype:



Markverwant en afhanklik van ondervinding en kwalifikasies.

Maandelikse besoldiging.

Verblyf is beskikbaar.

Vervoer vir werk.

Bevorderingsmoontlikhede:



Ja, daar is moontlikhede vir bevordering in die pos.


Indien jy die nodige vaardighede het en jou belangstelling in hierdie pos wil toon, doen nou aansoek vir die pos.



Sluit by die span aan en help ons om uitsonderlike houtwerk te skep!

Beware of fraud agents! do not pay money to get a job

MNCJobs.co.za will not be responsible for any payment made to a third-party. All Terms of Use are applicable.


Job Detail

  • Job Id
    JD1579031
  • Industry
    Not mentioned
  • Total Positions
    1
  • Job Type:
    Full Time
  • Salary:
    Not mentioned
  • Employment Status
    Permanent
  • Job Location
    Belfast, MP, ZA, South Africa
  • Education
    Not mentioned