Instandhoudingskoördineerder Kompleksbestuurafdeling

Potchefstroom, NW, ZA, South Africa

Job Description

Instandhoudingskoordineerder Pos Beskikbaar - Potch Eiendomme Kompleksbestuurafdeling



Potch Eiendomme beskik tans oor 'n pos vir 'n Instandhoudingskoordineerder vir die Regspersone en Huiseienaarsverenigings onder die agentskap se bestuur. Ideale kandidaat het sterk administratiewe vaardighede, taakgedrewe en klientediens gerig. Potch Eiendomme is gelee te Mareestraat 3 en bied 'n professionele werksomgewing.

Posbeskrywing:



Die pos behels die volgende pligte:

Hantering van telefoniese en elektroniese navrae. Administrasie van basiese herstelwerk bv. gebarste geisers, foutiewe hekke, verfwerk, waterpype, gevolglike skade ens. Invordering van kwotasies vir projekte volgens 'n gedetaileerde werksbeskrywing. Prosessering van kompleksuitgawes vir betaling deur boekhouer. Uitvoer van administratiewe opdragte voortspruitend uit bestuurs- of algemene jaarvergaderings Indien en hantering van versekeringseise. Oorsigtelike kompleks inspeksies. Algemene administrasie. Hantering van korrespondensie aan eienaars.

Vereistes:



Graad 12 Sertifikaat. Verdere kwalifikasie of diploma voordelig maar nie noodsaaklik. Rekenaarvaardig in Microsoft Office. Professionele geskrewe taalvaardighede. Aangestelde kandidaat sal ingeskryf word vir 'n oorsigtelike kursus van die Wet op Deeltitels. Eie voertuig (brandstofverbruik word vergoed teen R3.50 per kilometer - geringe gebruik)

Eienskappe:



Selfstandig en pligsgetrou. Vriendelike geaardheid tog ferm. Noukeurig en akkuraat in daaglikse take. Professioneel. Spanspeler. Geaardheid wat gedryf is tot klientediens en kliente-tevredenheid. Taakgedrewe en gefokus tot die afhandeling van take.

Aanvangsdatum:



1 Desember 2025 of 1 Januarie 2026.
Mededingende salaris sal onderhandel word na gelang van ondervinding en ervaring.

CV, motiveringsbrief en ID moet per e-pos gestuur word na poste @ potcheiendomme.co.za

Job Types: Full-time, Permanent

Pay: R8000,00 - R10000,00 per month

Application Question(s):

Do you have your own vehicle?
Language:

Afrikaans (Required)
Location:

Potchefstroom, North West 2532 (Required)
Work Location: In person

Beware of fraud agents! do not pay money to get a job

MNCJobs.co.za will not be responsible for any payment made to a third-party. All Terms of Use are applicable.


Job Detail

  • Job Id
    JD1587172
  • Industry
    Not mentioned
  • Total Positions
    1
  • Job Type:
    Full Time
  • Salary:
    Not mentioned
  • Employment Status
    Permanent
  • Job Location
    Potchefstroom, NW, ZA, South Africa
  • Education
    Not mentioned