Peuter 1 Juffrou

2 - Years    Bellville, South Africa
58 Malibu street, South Africa

Job Description

Dringend: Opsoek na opvoeder vir die Peuter 1 klas by Abra-Kedabra Crèche
 
Abra-Kedabra Crèche is al vir meer as 30 jaar een van die bekende ECD-skole in Bellville. Ons is opsoek na ? dinamiese juffrou vir ons Peuter 1 klas (kinders 15 maande tot 2 jaar). Die pos is ? vaste termyn aanstelling met die opsie om hernu te word.
Die juffrou wat reg is vir hierdie pos, is iemand wat ? passie het vir kinders en wat ten alle tye ? hoë vlak van fisiese, emosionele, sosiale en intellektuele sorg vir die kinders kan bied. Ons volg ? vaste kurrikulum met weeklikse temas wat deur die hele crèche gevolg word. As juffrou moet jy ervaring hê in die bestuur van jou eie klaskamer, die skryf van lesplanne en die beplanning van aktiwiteite wat by die weeklikse temas pas. Dit behels dat jy ? omgewing moet skep waarbinne kinders moet kan leer, speel en ontwikkel. Hiernaas soek ons ? juffrou wat aanpasbaar is en goed kan werk in ? span.
 
Vereistes:
~ NQF 4 of 5.
~ Minimum 2 jaar ervaring met peuters.
~ Minimum 2 jaar ervaring in die hantering van jou eie klas en die samestelling van lesplanne.
~ Volledig Afrikaans en Engels magtig.
~ Goeie kommunikasievaardighede met ouers.
~ Eie vervoer.
 
Die suksesvolle kandidaat moet 1 September kan begin werk. Indien jy jouself in hierdie pos sien en die nodige ervaring en kwalifikasies het, vra ons dat jy jou CV met kontakbare verwysings vir ons so gou moontlik e-pos na: abrakedabracreche@gmail.com. Merk asseblief die pos waarvoor jy aansoek doen duidelik in die e-pos se onderwerp.

Skills Required

Beware of fraud agents! do not pay money to get a job

MNCJobs.co.za will not be responsible for any payment made to a third-party. All Terms of Use are applicable.


Related Jobs

Job Detail

  • Job Id
    JD812736
  • Industry
    Education/Teaching/Training
  • Total Positions
    1
  • Job Type:
    Full Time
  • Salary:
    Trainee Stipend
  • Employment Status
    Permanent
  • Job Location
    Bellville, South Africa
  • Education
    Any Graduate
  • Experience
    2 - Years
  • Apply By
    Aug 17, 2021
  • Job Posting Date
    Aug 03, 2021