Het Jan Marais

Stellenbosch, South Africa
Current Openings : 0
Staff Members : 1-10 Employees

Become a Member

Click on Login if you are already member.

Register Login
About Het Jan Marais

Johannes Henoch (Jannie) Marais het as filantroop en ondersteuner van Afrikaans onder meer die vestiging van die Universiteit van Stellenbosch moontlik gemaak. Hy is op 8 September 1851 op die plaas Coetzenburg buite Stellenbosch gebore en as die jongste van tien kinders tuis en aan die Stellenbosch Gymnasium opgevoed. Jannie was as kind al handvaardig en knap met masjinerie. Dié vermoë is goed gebruik toe hy in 1870 as negentienjarige saam met drie van sy broers na die delwerye aan die Vaalrivier vertrek het. ‘n Jaar later is hulle na New Rush, oftewel Kimberley, waar hulle baie geld gemaak het. Hulle het onder meer ‘n belangrike aandeel verkry in die Kimberley Central Mining Company toe dié onderneming uit verskeie kleiner mynmaatskappye saamgestel is. Met die latere samesmelting van Kimberley Central Mining met De Beers het die broers uitgebreide belange in De Beers Consolidated Mines verwerf. Marais keer in 1892 as ‘n vermoënde man terug na Stellenbosch. Hy koop Coetzenburg van sy ma om self te boer. In 1899 het hy ‘n lid van die Kaapse Wetgewende Vergadering geword. Nádat die Unie van Suid-Afrika in 1910 gevorm is, was hy tot sy dood ‘n Volksraadslid. Ander besture waarin hy gedien het sluit in die plaaslike hospitaalraad en ook die afdelingsraad. Onder sy sakebelange was die Lion Distillery op Vlottenburg en die Malmesbury Voogdy- en Assuransiemaatskappy. Voor die stigting van Die Burger het Marais van 1914 tot 1915 saamgewerk met ‘n Stellenbosse groep wat ‘n Afrikaanse koerant wou stig. Marais het uiteindelik die vestiging van hierdie koerant moontlik gemaak deur borg te staan vir die beduidende bedrag wat nodig was om ’n drukpers aan te koop. Hy het ongelukkig egter nie die eerste verskyning van Die Burger beleef nie. Onderwys was ‘n ander veld waarin Marais ‘n betekenisvolle bydrae gemaak het. Hy was lid van die raad van die Victoria Kollege, wat later die Universiteit van Stellenbosch geword het, en het onder meer ‘n ruim skenking gemaak vir die oprigting van die Fisika-gebou. Die eerste Unie-parlement het planne vir ‘n universiteit in Kaapstad in die vooruitsig gestel, maar die destydse regering het uiteindelik 100 000 pond sterling, ‘n uiters beduidende bedrag vir daardie tyd, vereis om toe te laat dat Victoria Kollege nie by Groote Schuur Kollege, wat vandag die Universiteit van Kaapstad is, ingelyf word nie. Marais het hierdie geld in sy testament bewillig en so verseker dat Victoria Kollege as ‘n selfstandige instelling kon voortbestaan. Sy skenking is formeel gedoen op voorwaarde dat Afrikaans as ‘n gelykwaardige taal vir onderrig aan die instelling behou word: “Ter bevordering van het hoger onderwijs te Stellenbosch, doch meer beijzonder van het onderwijs in en door middel van de Hollandse taal in zijn beide vormen (dat wil zeggen Afrikaans zowel als Nederlands) en wel te dien einde dat in zodanige onderwijs de Hollandse taal in zijn beide vormen als voormeld geen mindere plaats dan de andere officiele landstaal zal innemen”. Marais en sy vrou Elizabeth was kinderloos en het ook geld nagelaat aan instellings soos die Instituut vir Dowes en Blindes op Worcester en die Kindersendinghuis in Kaapstad. Met die restant van sy boedel is Het Jan Marais Nationale Fonds gestig, wat deur die jare studielenings aan duisende studente beskikbaar gestel het. Hy is op 30 Mei 1915 by Montagu se warmwaterbron oorlede.

Current Jobs in Het Jan Marais
Jobs 0
No job opened.